Interessante navorsing oor plantspesies en bestuiwing

Ongeveer 175 000 plantspesies, die helfte van alle blomplante, maak gedeeltelik of algeheel staat op dierebestuiwers ten einde saad te kan produseer en sodoende te kan voortplant. ‘n Afname in bestuiwergetalle kan dus groot ontwrigtings in natuurlike ekosisteme veroorsaak, wat die verlies aan biodiversiteit insluit. Dit is volgens ‘n artikel, wat pas in die vaktydskrif Science Advances gepubliseer is deur dr James Rodger, ‘n nadoktorale genoot in die department wiskundige wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.