Inligtingsreguleerder dagvaar SAPD oor uitlek van name van verkragtingslagoffers

Die Inligtingsreguleerder het ʼn dagvaarding aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens uitgereik nadat die polisie versuim het om besonderhede te verskaf oor die omstandighede wat gelei het tot die bekendmaking van agt verkragtingslagoffers se persoonlike inligting. ‘n Groep mans het die vroue op 28 Julie in West Village, Krugersdorp, verkrag. ʼn Woordvoerder, Nomzamo Zondi sê die uitlek van die slagoffers se persoonlike inligting kom neer op inmenging. Die reguleerder is daarop gewys dat polisielede na bewering die inligting via WhatsApp versprei het.