Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is nie xenofobies

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrikaners is nie xenofobies nie. Hy het aan die parlement gesê Suid-Afrika het die reg om, soos ander lande, beleide en maatreëls in te stel wat sy grense beskerm. Ramaphosa het vrae oor immigrasie beantwoord en volgehou immigrante moet die oppergesag van die reg handhaaf, terwyl grensbeheer versterk moet word.