Inkumbi tree uit as DBN-hoof

Die raad van die Ontwikkelingsbank van Namibië het aangekondig dat hul uitvoerende hoof Martin Inkumbi in Augustus 2023, aan die einde van sy huidige tweede ampstermyn van vyf jaar, uit sy pos sal tree. Hy wil nie her-aangestel word nadat hy tien jaar in die pos gedien het. Die raad het sedert die werwingsproses opdrag gegee om ‘n naatlose oorgang te verseker ten tyde van Inkumbi se vertrek. Inkumbi gesels met Kosmos 94.1 Nuus.