Hartlief se toetsverslagting begin in September by Mariental

Lede van die Lewendehawe Produsente Organisasie het, saam met die besturende direkteur van Hartlief, Gunther Ling en sy span, ‘n besigtigingstoer van die Farmer’s Meat Market naby Mariental onderneem. Volgens berigte is die fasiliteit in ‘n puik toestand en die Hartlief-groep is van plan om reeds in September 2022 sy eerste toetsverslagtings te doen. Teen Oktober 2022 beoog Hartlief om met kleinskaalse verslagting te begin om ‘n toetsbesending aan die Noorweegse mark te voorsien. Hierdie is die eerste stappe om die aanleg weer in volle produksie te kry. Die strategie is ’n direkte uitvloeisel van die mark analise wat gesamentlik deur Hartlief en die LPO aangepak en voltooi is.