Nieu-Seelandse tas het oorskot van twee kinders bevat

Die Nieu-Seelandse polisie ondersoek die vermoedelike moord van twee kinders wie se oorskot gevind is in tasse wat verlede week op ‘n aanlynveiling gekoop is vir ‘n onopgeëiste kamer by ‘n bergingsfasiliteit. Die twee kinders was tussen vyf en tien jaar oud en was al ‘n geruime tyd dood en volgens die polisie word die tasse al ‘n geruime tyd gestoor. Die kinders moet nog formeel geïdentifiseer word, maar daar word beweer hulle het familie in Nieu-Seeland. Daar is ook geen besonderhede oor hoe die kinders dood is nie en of daar enige verdagtes is nie.