Inkatha verwelkom ontplooiing van SA Weermag

Die President van die Inkatha-Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, het die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verwelkom om die polisie by te staan wat oorweldig is en onder geweldige druk verkeer in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng. Hulle glo die wydverspreide plundering en chaos het die land tot op die punt van ‘n nasionale krisis gebring. Hlabisa sê dit is duidelik dat Suid-Afrika sonder die weermag in ‘n oorlogsone kan verander.