Sinopharm-entstof arriveer vandeesweek

Die gesondheidsdirekteur van die Khomas-streek, Tomas Ukola, het gesê 150 000 dosisse van die Sinopharm-entstof word aan die einde van die week in Namibië verwag. Hy het by ‘n mediakonferensie oor Covid-maatreëls in die streek gesê die entstof is deur die regering vir sy inentingsveldtog aangekoop.