Inhoud van Mafe se sielkundige verslag weerhou

‘n Regter in die Wes-Kaapse hooggeregshof, Nathan Erasmus, het ‘n bevel uitgereik dat die vermeende brandstigter van die parlement, Zandile Mafe, in die hospitaal-afdeling van die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad aangehou moet word. Mafe het vandag vlugtig in die hof verskyn, waartydens die hof inligting moes ontvang oor sy sielkundige evaluering deur ‘n paneel van die Fort England-psigiatriese hospitaal. Erasmus sê hy sal eers uitspraak lewer oor die openbaarmaking van die verslag ná die verdediging se besluit.