Siriër vasgetrek vir mes-aanval op kinders in Frankryk

Die Franse polisie het ʼn Siriër aangekeer in verband met ‘n mes-aanval op ʼn speelterrein in Annecy in die suidooste, wat twee jong kinders en ʼn volwassene in ʼn bedenklike toestand gelaat het. Nog twee kinders is gewond. Die verdagte het wettige vlugtelingstatus in die land en was voorheen onbekend aan die owerhede. Die kinders is ongeveer drie jaar oud. President Emmanuel Macron sê die land is geskok oor die lafhartige daad, terwyl die wetgewers in die Nasionale Vergadering ʼn oomblik se stilte gehandhaaf het vir die slagoffers.