Inheemse Amerikaners koop hul eiland terug

‘n Groep inheemse Amerikaners het ‘n klein eiland in Long Lake, Maine, vir 4,8 miljoen Namibiese dollar gekoop – 60 jaar ná dit van hulle ontneem is. Die Passamaquoddy het vir minstens 10 000 jaar in die gebied gewoon voor koloniste dit in die 19de eeu gevat het.