Indonesiërs hou uitstalling by Omba-galery

Die Indonesiese ambassade in Namibië bied ‘n uitstalling in die Omba-galery aan met die idee om klein- en medium- ondernemings te bevorder. Uitstallers van Indonesië sal verskillende kunswerke en artikels uit Indonesië ten toon stel. Ari Hadiman, tweede sekretaris van die Indonesiese ambassade in Windhoek, het aan Kosmos 94.1 gesê dat die tentoonstelling van half tien soggens tot drie uur smiddae by die Namibia Craft Centre se Omba -galery in Talstraat sal plaasvind. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 10 Junie.