Handves van Regte benodig die uitroeiing van armoede

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê indien die land die menswaardigheid wat in die Handves van Regte vervat is ‘n realiteit wil maak, moet armoede beëindig word. Hy sê armoede ontsê steeds meer as 60 persent Suid-Afrikaners hulle menseregte en basiese vryhede. Steenhuisen sê lewenskoste word opgejaag deur stygende brandstof- en elektrisiteitspryse. Dit lei tot die verhoging van die prys van voedsel en basiese goedere wat meer is as enige verhoging in maatskaplike toelaes: