Ingeënt? Geen masker nodig nie!

President Joe Biden sê Amerikaners wat volledig ingeënt is, hoef nie ‘n masker te dra as hulle buite of net in klein groepies is nie. Dit volg na riglyne deur die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming. Meer as 95 miljoen Amerikaners is nou reeds volledig ingeënt. Die Covid-19 pandemie het in die VSA tot meer as 570 000 sterftes gelei, die hoogste dodetal ter wêreld. Biden het Amerikaners wat nog nie ingeënt is nie, gevra om dit so gou as moontlik te laat doen: