Inentings laat terugkeer na ou-normaal toe

Die inentingsveldtog vorder stadig maar baie goed in die land. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe sê daar was ook tot dusver geen ernstige newe-effekte wat aangeteken is nie. Dit is in sy mening die enigste roete tot ‘n terugkeer na die ou-normaal.