Informele nedersettings in Okahandja kry steeds geen antwoor

Lede van informele nedersettings van Okahandja is steeds ontevrede oor hoe hul versoeke vir dienste deur die plaaslike owerhede hanteer word. Die betrokke groepe het verskeie vreedsame betogings gehou om die aandag van die Okahandja-dorpsraad te eis. Die groep het selfs ‘n paar weke gelede na Windhoek opgeruk om met die minister van plaaslike regering, Erastus Uutoni, te vergader. Dit het ook nie gehelp nie. Saterdag sal die betrokke groep weer om vier-uur die midag by Ouagadougou-sokkerveld op die dorp vergader om die pad vorentoe te bespreek. Groep-woordvoerder, Sydney Gariseb gesels met Kosmos 94.1 Nuus.