DA wil op hoogte wees van Wes-Kaap se gereedheid vir brandseisoen

Die DA in die Wes-Kaap het die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell genooi om voor die staande komitee oor plaaslike regering te verskyn. Die doel is om besonderhede oor die provinsiale regering se planne vir die brandseisoen te verskaf. ʼn Woordvoerder van die DA, Derrick America, sê hoewel die somermaande in die Wes-Kaap sorg vir aangename weer en die ekonomiese voorspoed met toerisme, verhoog dit ook die gevaar wat brand inhou.