Corruption Watch: SA faal steeds in stryd teen korrupsie

‘n Nuwe verslag deur Corruption Watch sê leiers faal Suid-Afrika steeds in die stryd teen korrupsie. Volgens die studie is die verlies van miljarde Suid-Afrikaans rand weens korrupsie, onvoldoende beskerming vir verklikkers en geen aanspreeklikheid vir oortreders, steeds beduidende bedreigings vir demokrasie. Die algemeenste vorms van korrupsie is bedrog, die misbruik van gesag, omkopery, afpersing en verkrygings-onreëlmatighede. Die meeste gevalle kom in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo voor.