Informele mark is groter as formele mark – dis logies 

Reaksie word ontvang op die jongste aankondiging van die Internasionale Arbeidsorganisasie dat die informele ekonomie 56 persent van die land se arbeidsmag beslaan. Terwyl die syfer in sommige oorde tot ‘n skokreaksie lei, sê die veteraan vakbondleier Job Muniaro dit maak volkome sin. Die informele mark is baie groter as die formele mark eenvoudig omdat dit nader aan die verbruiker is.