Cele moet sy goed vat en trap 

Die leier van die DA in Suid-Afrika John Steenhuisen sê dis tyd dat Bheki Cele uit sy amp verwyder moet word. Volgens Steenhuisen sou Cele lankal nie meer in sy pos gewees het as hy vir enigiemand anders gewerk het nie. Hy sê Cele is ‘n gevaar vir die gemeenskap.