Informele handelaars in die Kaap kry aandag

Om ‘n volhoubare omgewing vir informele handelaars te skep, is sekere reëls nodig om spanning te verlig en ‘n gevoel van gelykheid te skep in ‘n mededingende omgewing. Dit is die mening van die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos. Hy sê die direktoraat vir ekonomiese groei sal in komende begrotingsiklusse voorkeur gee aan kapitale beleggings wat planne uitvoer om waardige en toeganklike handelsruimtes te skep, wat die lewe vir handelaars en verbruikers makliker maak: