Angs, emosionele spanning neem toe

‘n Opname in Suid-Afrika deur ‘n vooraanstaande farmaseutiese maatskappy wys ‘n toename in emosionele spanning by Suid-Afrikaners as gevolg van die Covid-19 pandemie. Die skrywer Helen Nicholson sê die verslag wys 56 persent van die mense wat deel was van die opname, het meer sielkundige spanning as voor die pandemie, 52 persent het slaapprobleme, 49 persent voel angstig, 31 persent is terneergedruk en 6 persent het selfmoord oorweeg. Volgens Nicholson is ‘n bewustelike leefwyse een manier om hierdie probleme te beveg: