Informele arbeidsmag groei steeds, nou op 56%

Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê dat die informele sektor 56 persent van Namibië se werksmag beslaan. Plaaslike berigte lui dat die arbeidsminister Utoni Nujoma van mening is dat die sektor moeilik is om te meet en bepaal en daarom is dit uiters moeilik vir die regering om beleid te skep en die sektor doeltreffend te bestuur. Die Dynamic Informal Traders’ Association het onlangs gesê dat die sektor plaaslik met 5 persent jaarliks groei. Die Namibiese Statistieke-agentskap het in 2018 bepaal dat die sektor reeds 30 persent van die land se ekonomie bydra.