Goanikontes Oase maan teen Swakoprivier wat loop

René Baard van Goanikontes Oase het bevestig die Swakoprivier kom weer af en loop sterk by Goanikontes. Volgens berigte kan vragmotors nie vanaf die Arandis-pad Goanikontes bereik nie. Vragmotorbestuurders word aangeraai liewer die D1991-pad deur die woestyn te gebruik. Baard gesels met Kosmos 94.1 Nuus.