Inflasie vir Oktober is op 7,1 persent

Inflasie vir Oktober vanjaar is op 7,1 persent gemeet, teenoor 7,5 persent in September en 3,6 persent in Oktober verlede jaar. Vervoer en voedsel dra steeds die meeste by met vervoer op 2,6 persent en voedsel op 1,7 persent. Die Khomas-streek se inflasie-syfer is die hoogste op 7,8 persent teenoor die Hardap-, Omaheke-, Karas-, en Erongo-streke wat op 6,8 persent ingekom het en die noordelike streke wat op 6,5 persent gemeet is.