DA lê klag oor donkiekar-tender van R780 000

Die DA in Noordwes het ‘n formele klagte by die Spesiale Ondersoekeenheid ingedien teen die donkiekar-projek van 780 000 Suid-Afrikaanse rand wat die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur van stapel gestuur het. Dit volg nadat die eienaars van die onderneming wat glo die tender ontvang het, LKT Business Enterprise, aangedui het hy is nog in die proses om te registreer en het nie ‘n bankrekening nie. Freddy Sonakile van die DA sê die onderneming was heeltemal onbewus van die tender wat aan hulle toegeken is: