Inflasie op 5,6% vir April gemeet en so lyk kospryse

Inflasie vir April staan op 5,6 persent teenoor 4,2 persent wat in Maart aangeteken is, en 3,9 persent wat in April verlede jaar gemeet.  Vervoer het 2,7 persentasiepunte bygedra met voedsel wat 1,1 persent bygedra het. Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het voedsel oor die algemeen 5,9 persent duurder geword met brood en grane wat 5,9 persent duurder geword het, terwyl vette en olies met 23,4 persent gestyg het. Vis is 1,4 persent duurder en vleis, 3,5 persent. Groente het met 3,9 persent gestyg.