Inflasie neig opwaarts in Februarie

Inflasie vir Februarie vanjaar het plaaslik op 7,2 persent ingekom vergeleke met 4,5 persent in Februarie 2022 en 7 persent in Januarie vanjaar. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê voedsel en nie-alkoholiese drankies het die meeste bygedra, 2,6 persentasie punte, en vervoer, wat 1,5 persentasie punte bygedra het. In terme van sonale inflasie was goedere die duurste in sone 1, die noordelike dele, met inflasie van 7,6 persent. Sone 3, die Suide, se inflasie het 7,3 persent gemeet met Sone 2, Khomas, wat die laagste inflasie aangeteken het op 6,7 persent. Hoender was die goedkoopste in Khomas en bruin brood die duurste.