Sokker: Wêreldbeker sal heel anders lyk

ʼn Bykomende 40 wedstryde kan dalk by die volgende Wêreldbekertoernooi gespeel word. Die wêreldbeheerliggaam, Fifa, gaan na verwagting bekend maak 104 wedstryde sal in 2026 in die toernooi in Noord-Amerika gespeel word, teenoor 64 verlede jaar in Katar. Daar is reeds besluit om die aantal deelnemers van 32 tot 48 te verhoog. Fifa wil na berig word sy inkomste verhoog, maar wil ook die formaat aanpas na 12 groepe van vier lande elk. Die twee beste spanne in elke groep en die agt beste spanne wat derde lê, sal na die ronde van 32 deurdring.