Alles is stil op die noordoostelike front

Die situasie tussen Namibiese gemeenskappe langs die Botswana-grens en dié land se weermag is tans stil. Namibian Lives Matter het onlangs twee voorvalle van aggressie deur lede van die weermag van Botswana by die Namibiese polisie in die Zambezi-streek aangemeld. ‘n Boot met vier swaar gewapende lede van die BDF het die Zambezi Queen-huisboot in Namibiese waters agtervolg totdat dit die hoofkanaal van die Choberivier bereik het. In ‘n ander geval het twee swaar gewapende BDF-soldate die Choberivier oorgesteek en ‘n veewagter ondervra. Geen van die voorvalle is volgens die beweging ondersoek nie. Sinvula Mudabeti, een van die leiers beweging, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die BDF het nie respek vir die Namibiese minister van verdediging nie.