Inflasie is op na 3,5% na 3,4%

Die Namibiese verbruikers prysindeks vir September is bekend. Inflasie is effe op na 3,5 persent teenoor 3,4 persent wat in Augustus gemeet is. Vervoer en voedsel dra steeds die meeste by tot die syfer met vervoer net minder as 30 persent en voedsel wat 26,2 persent bydra. Ekonome meen daar sal geen verligting in die korttermyn wees nie.