Inflasie is hoogste in Khomas

Inwoners van die Khomas-streek ervaar die hoogste inflasie. Dit is volgens syfers wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vir die die sones in die land bekend gemaak is. Khomas, bekend as sone 2, het in Augustus vanjaar inflasie van 7,9 persent aangeteken, teenoor 3,1 persent in Augustus verlede jaar. Dit word aangedryf deur vervoer, wat van 5,8 persent tot 22,9 persent gestyg het, meubels en instandhouding van eiendom wat van 4,5 tot 16 persent gestyg het en kafees en restaurante wat op is van 3,5 persent tot 11,4 persent. Vermaak is ook duurder, van 3,1 persent tot 7,6 persent. Sone 1, die  noordelike streke, het 6,8 persent inflasie gemeet teenoor 3,1 persent verlede jaar, met veral klere wat van minus 3,4 persent gestyg het tot 3,7 persent. Sone 3, die Suide en Erongo, het 7,2 persent inflasie gemeet met veral onderwys wat skerp gestyg het van 0,8 persent tot 7 persent.