Smith loop voor in LIV-reeks in Chicago

Die heersende Britse Ope-kampioen, Cameron Smith van Australië, het sy ronde met twee voëltjies afgesluit vir ʼn voorsprong van drie houe na gister se tweede ronde van LIV Golf se Chicago-uitnodigingstoernooi. Smith, die wêreld se nommer drie-speler, het ʼn vier-onder 68 aangeteken en is nou op 10 onder die baansyfer. Die tweemalige major-wenner, Dustin Johnson het 74 aangeteken, sy swakste ronde uit 14 rondtes wat hy al gespeel sedert hy by LIV Golf aangesluit het. Hy is gesamentlik tweede met nog ʼn Amerikaner, Peter Uihlein. Laurie Canter van Engeland en Charl Schwartzel van Suid-Afrika deel die vierde plek.