Vragmotorbestuurder van gru-ongeluk in KZN, verskyn môre

Die LUR vir Vervoer, Gemeenskapsveiligheid en Skakeling in Kwa-Zulu-Natal, Sipho Hlomuka het bevestig die vragmotorbestuurder wat betrokke was by die grusame ongeluk in Pongola, KwaZulu-Natal, wat die lewens van 21 mense geëis het, insluitende 19-skoolkinders en twee volwassenes, sal môre in die landdroshof op Pongola verskyn. Die ongeluk is op kamera vasgevang. Hy het op ‘n dubblestreep in sy vragmotor teen hoë spoed gepoog om twee vragmotors verby te steek en van voor in die aankomende motor ingejaag. Hy het ook die toneel gevlug maar het homself Saterdag aan die polisie oorgegee. Hlomuka sê hy sal die hofverrigtinge bywoon: