Ondersoek gelas na dood van toeris by Visrivier-canyon

Die ondersoek na die dood van ‘n toeris by die Visrivier-canyon duur steeds voort. Die oorskot is vandag gevind nadat die stapper Woensdag as vermis aangemeld is. Spanne is ontplooi en die woordvoerder van die ministerie van toerisme, Romeo Muyunda, is ook op die toneel. Hy sê daar is tans baie min inligting oor van waar die toeris afkomstig is en wat gebeur het.