Daar word hard gesoek na ‘n koper vir die Wasps-rugbyklub

Die Engelse rugbyvoetbalunie sê hy werk saam met administrateurs en Premierskap-rugby om vas te stel of daar ‘n moontlikheid bestaan dat ‘n koper die Wasps oorneem. Die klub is onder administrasie geplaas wat 167 personeellede en spelers sonder werk gelaat het. Die unie sê hy ondersoek ook die beste manier waarop die vrouespan kan voortgaan om in die Allianz Premier 15’s te speel. Die unie se voorsitter, Tom Illube, sê hulle sal saam met Premierskap-rugby werk om die struktuur, bestuur en sakemodel van rugby-unies in Engeland te verbeter.