Inflasie daal in SA ook

Nes soos voorspellings in Namibië, sê ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom inflasie sal na verwagting in die komende maand nog verder afneem. Dit volg op die vrystelling van data deur Statistiek Suid-Afrika wat ‘n effense afname in September aangedui het. Die jaarlikse verbruikersprysinflasie was verlede maand 7,5 persent, teenoor 7,6 persent in Augustus. ‘n Ekonoom by AlexForbes, Murendeni Nengovhela, sê dit kan toegeskryf word aan die daling in brandstofpryse: