Ohangwena sukkel met water, misdaad

Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila is tans op besoek in die Ohangwena-streek in ‘n poging om ondersteuning te werf vir haar kandidaatskap as vise-president van Swapo. Die streek het talle uitdagings. Daar is volgens haar ‘n tekort aan skole, gesondheidsfasiliteite en paaie. Watervoorsiening is ook uiters swak en inwoners sukkel met oorgrens misdaad. Volgens berigte is daar by Eenhana sewe voertuie in die laaste maand gesteel wat oorgrens geneem is. Inwoners is ook brandarm en sal volgens hoofman Efraim Weyulu graag groente wou verbou maar, daar is nie watervoorsiening nie. Weyulu sê die kwessie van ‘n waterkanaal is reeds bespreek. Die eerste minister het bevestig dat die regering en NamWater oorweeg reeds die kwessie.