Inentingsertifikaat genoeg vir Bots-grenspos

Botswana se gesondheidsminister dr. Edwin Dikoloti het aangekondig dat alle besoekers wat ten volle ingeënt is, nie meer vanaf Maandag 14 Februarie ‘n PCR-Covid-toets by grensposte van Botswana hoef te toon nie. Diegene wat nie ten volle ingeënt is nie – behalwe kinders onder die ouderdom van 12 – wat Botswana besoek, moet steeds ‘n negatiewe PCR-Covid-toets, nie ouer as 72 uur nie, by ‘n grenspos toon.