Spookdorp maak sy verskyning op dambodem

’n Spookdorpie het sy verskyning in ‘n dam op die Spaans-Portugese grens gemaak. Die gebied gaan gebuk onder ‘n erge droogte en met die dam wat op 15 persent van kapasiteit is, het geboue begin verskyn. Die dorpie trek skares toeriste met sy onheilspellende, grys ruïnes. Die Aceredo-dorp is in 1992 oorstroom om die reservoir te skep. Besoekers kan op die droë grond loop en kyk na ineengestorte dakke, bakstene en houtrommel, en daar is selfs ‘n fontein met water wat steeds uit ‘n geroeste pyp stroom. Kratte met leë bierbottels is gestapel by wat vroeër ‘n kafee was, en ‘n half-vernietigde ou motor wat besig om weg te roes teen ‘n klipmuur kan ook gesien word. Vroeër die maand het Portugal se regering ses damme, insluitend die Alto Lindoso-reservoir, beveel om watergebruik vir elektrisiteitproduksie en besproeiing byna te staak, weens die verslegtende droogte.