SA se ekonomiese groei is power – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika se ekonomiese herstel is steeds broos. Die IMF sê in ‘n verklaring aan die einde van samesprekings met plaaslike amptenare, Suid-Afrika se groeikoers gaan in die mediumtermyn onder 2 persent bly. Dit is weens beleidsonsekerheid, hoë openbare skuldvlakke en beperkings op beleggings. Hy voeg by die land se herstel van die Covid-19-pandemie was vinniger as wat verwag is, maar dit is onseker hoe lank dit gaan duur. Die geskatte ekonomiese groeikoers vir vanjaar is 1,9 persent, maar dit kan in die mediumtermyn tot 1,4 persent terugsak.