Inentings-uitreik in Otjozondjupa was eintlik ‘n fase twee

Die uitreik in die Otjozondjupa-streek vorder goed. Op Okahandja het dit goed gegaan en baie mense is teen Covid ingeënt, steeds vrywillig. Talle inwoners het skerp gereageer op die aankondiging van die uitreikprogram as gevolg in inentingshuiwerigheid maar, volgens die raadslid vir die Okahandja kiesafdeling, Bethuel Tjeveondja was dit eintlik net ‘n opvolg op ‘n vorige besoek.