Landbou-skuld groei met N$3 miljard

Die Namibiese landbou-sektor het oor die sewe-jaar periode tydens die droogte, meer as 3 miljard Namibiese dollar se skuld aangegaan het en een van die sektore, die Swakara-bedryf, het oor die afgelope drie jaar amper geen produksie gehad nie en gebruik hul diere vir die vleis-waardeketting. Totale skuld in landbou was teen Junie 2020 op 7,8 miljard dollar. In dieselfde jaar het Swakara ‘n produksie-afname van 88 persent aangeteken. Beesproduksie het in 2020 met 33 persent gedaal en skaap met amper 44 persent. Bees se waardeketting het ook van 3,6 miljard dollar in 2019 tot 2,1 miljard dollar in 2020 gedaal.