Inentings teen hondsdolheid hervat in die Kaap

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se Veeartsenydienste hou vandag gratis inentingsklinieke teen holdsdolheid in die Strand. Dit volg na die vierde geval van die siekte in die gebied bevestig is. Volgens die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, is ‘n rondloperhond op 14 Oktober op die strandgebied in die Strand gevind wat hom vreemd gedra het. Hy is uitgesit en is daarna positief vir hondsdolheid getoets. Meyer sê in reaksie op ‘n vorige geval in Gordonsbaai het die Veeartsenydienste gratis inentingsveldtogte gehou en een-duisend-896 troeteldiere in die omgewing ingeënt. Meyer sê dit sal ‘n verdere hupstoot kry met vandag se sessie: