Afghanistan moet bygestaan word – Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê lande moet saam staan en dringend optree om stabiliteit in Afghanistan en ‘n beter toekoms vir die land se mense te verseker. Die Taliban het twee maande gelede beheer oor die land oorgeneem. Guterres sê die land staar ‘n epiese humanitêre krisis in die gesig en is op die rand van ‘n ontwikkelingskatastrofe. Hy voeg by Afghanistan se burgers benodig ‘n inklusiewe en verteenwoordigende regering, een wat internasionale humanitêre reg respekteer en menseregte en fundamentele vryhede handhaaf.