Die rykes is korrup – Noa

Administratiewe korrupsie is die skadelikste vorm van korrupsie in die land. Dit is die mening van die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa. Hy sê die meerderheid van hulle ondersoeke toon dat diegene wat by korrupsie betrokke is, welaf is. Geldgierigheid is besig om Namibië dood te maak sê hy. Volgens Noa, is dit vererger deur die feit dat gesteelde geld nie in die land gesirkuleer word nie maar eerder uit die land gevat word wat die impak verder vererger. Indien die praktyk nie uitgeroei word nie sal dit volgens hom ‘n chroniese ekonomiese siekte word.