Inenting verhoed ernstige siekte, hospitalisering

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê entstowwe bly doeltreffend teen ernstige siekte en dood vir al die Covid-19 variante, insluitend die Delta-variant. Daar is meer as 6,5 miljoen bevestigde Covid-19 gevalle op die vasteland, met meer as 5,7 miljoen mense wat reeds herstel het en 165 000 sterftes sedert die begin van die pandemie. Die Delta-variant is reeds in 26 lande op die vasteland aangemeld. Die WGO sê die Delta-variant is meer aansteeklik as die ander variante van die virus en dryf op die oomblik derde en selfs vierde vlae van infeksies regoor die wêreld.