Mosie van wanvertroue in Swanu-leierskap

Berigte lui dat ‘n groep Swanu-lede ‘n stem van wantroue in die leierskap van die party wil hou. Dit het volgens berigte oor die naweek na vore gekom omdat die party se sentrale komitee sedert 2018 nie weer ‘n vergadering gehou het nie. Ruhipisa Kandando het aan plaaslike media gesê dat ‘n derde van die party se lede ‘n buitengewone vergadering bygewoon het om die mosie van wanvertroue ter tafel te lê en dit is deurgevoer. Die sekretaris-generaal van Swanu Evalistus Kaaronda het die mosie as niks afgemaak en gesê die leierskap het konsulteer met sy regsverteenwoordigers.