DA sê Stellenbosch is sy sukses-storie

Die DA sê hy is trots om aan te kondig die Stellenbosch-munisipaliteit in die Wes-Kaap onder leiding van burgemeester Gesie van Deventer het ‘n skoon oudit vir die 2019/20-boekjaar gekry. Die party sê dit bevestig die DA-beheerde owerheid bestuur belastinggeld eerlik en deursigtig. Woordvoerder Leon Schreiber sê toe die Covid-19-pandemie vroeg verlede jaar toegeslaan het, het Stellenbosh een van die omvattendste verligtings-pakkette van enige munisipaliteit in die land ingestel: