Indonesië ontwikkel entstof vir bek-en-klou-seer

Die Indonesiese Sentrum vir Farma-veeartsenykunde in die ministerie van landbou het aangekondig hy het ‘n entmiddel vir bek-en-klouseer by vee begin ontwikkel om ‘n uitbreking te keer. Die hoof van die ministerie se Buro vir Openbare Betrekkinge en Openbare Inligting, Kuntoro Boga Andri, sê die inenting is ‘n oplossing vir boere dwarsoor die land. Andri sê die entstof-produksieproses het begin en is in die isolering-suiweringsfase.